Om die eerste blog te skryf het, lank geneem. So in die hart van die winter. Dit het hierdie jaar boonop lank geneem om winter te word.

Toe die winter ons tref, klap dit met mag en mening. Dit het veroorsaak dat die ‘self-dood seisoen’ vroeg begin het. Kort na die eerste bitter koue getref het, word ek verwittig van 2 verskillende sterftes.

Altwee oënskynlik impulsief. Hoekom is daar so ‘n aaklige seisoen? Hierdie is my eie gedagte. Dit is nie deur navorsing gesteun of bevestig, waarvan ek weet nie.

In Europa en Kanada is daar wat genoem word seisoenale depressie, wat direk te doen het met die baie kort dae en donkerte as gevolg van die wolke en sneeu. Al is die son op, bly dit skemerig en lank voor die son onder gaan begin dit alreeds donker vertoon.

In Suid Afrika waar die somer warm en helder is, is winter veral swaar op die gemoed. In die noorde is die dae kort, al skyn die son helder. In die Kaap het ons ook die belewenis van donkerte as gevolg van die weerstoestande. Winter in die Kaap is donker en reënerig.

Lees Hierdie Plaasing in Engels.

Wanneer ‘n erge kouefront die land tref, verdwyn die behaaglike dae soos mis voor die son. Dit is dan wanneer mense met ‘n donker gemoed die ondenkbare oorweeg. Hulle kies om nie meer te wil lewe nie.

Op die toneel van ‘n selfdood vra ‘n dogtertjie van ongeveer 7 jaar my op ‘n dag hoekom enige iemand dan sou kies om nie meer te wil lewe nie! Wat antwoord mens ‘n kind op so ‘n wyse vraag?

Die drang na lewe en oorlewing is ‘n oer drang, deur Vader self in ons in gebou. Wanneer hierdie oer drang oorweldig word deur donkerheid in die gemoed, word ‘n mens baie weerloos – veral wanneer hulle in hulleself keer en in sirkels begin dink.

Asseblief, ek kan nie mooi genoeg vra dat mense liewers ‘n professionele persoon spreek oor die donker gedagtes nie. ‘n Moeilike seisoen, is nie tekenend van ‘n mislukte lewe nie. Dit is ‘n seisoen wat verby gaan.

Daar word soveel redes aangevoer vir die hooploosheid, maar eintlik is daar nie een enkele rede genoeg om jou lewe te neem nie. Soms is probleme erg genoeg dat dit nie sommer met een oogopslag opgelos kan word nie, maar daar is altyd, altyd hoop.

Praat asseblief net met iemand. Om jou eie lewe te neem, is die ergste vorm van verwerping van die wat agter bly. Al word ‘n briefie agter gelaat, sal daar nooit antwoorde op al die vrae wees nie.

Daar is mense wat genoeg omgee om te help. Kyk net rond. Praat asseblief met my wanneer jy sukkel.

You're not alone. I am here for you.

Reach out if you need someone to talk to.

Taalversorging en vertaling na Engels deur Rudie Thirion.

082 377 3303 | rudie.thirion@gmail.com